Telephone: (031) 701 5046
Fax: (031) 701 3454
Email: pbhs@pbhs.co.za
Physical: 18 Prospect Road, Pinetown

Afrikaans

 

Afrikaans: Grade 8 to 12

Learners who choose Afrikaans as a First Additional Language are interested in getting to know about the Afrikaans language and literature.  They are taught to master comprehension, the language rules, to reason and express themselves orally and in writing.  Each consecutive grade is a more evolved continuation of the previous.  Afrikaans is the primary language of instruction.  Learners are encouraged to speak Afrikaans as often as possible – in and out the classroom; thereby improving their confidence and language fluency.

Taal, begripswerk, letterkunde, skryfwerk en mondeling

Met die onderrig van Afrikaans as eerste addisionele taal beoog ons om ons leeders in al bogenoemde  fasette te onderrig.  Soos die leerder vorder sal daarj telkens in ‘n volgende graad meer intensief op die verskillende leerareas gefokus word. Die einddoel is dat die leerder die taal met selfvertroue sal kan gebruik.  Ons moedig leerders aan om Afrikaans so veel as moontlik in die klastye te gebruik en die onderwysers probeer ook om so ver moontlik Afrikaans as onderrigtaal te gebruik.

LEES
Leerders sal:
1.    ‘n liefde vir die geskrewe taal, bv. verskillende soorte verhale, dramas en gedigte ontwikkel
2.    leer om vlot en met insig te lees
3.    vrae oor ‘n gelese stuk kan beantwoord
4.    verstaan dat daar verskillende soorte skryfwerk vir verskillende geleenthede bestaan
5.    hul kennis verbreed

SKRYFWERK
Leerders sal:
1.    ‘n verskeidenheid skryfstukke kan skryf afhangende van die doel daarvoor
2.    leer om te beplan en kreatief te dink
3.    hulself akkuraat kan uitdruk

PRAAT
Leerders sal:
1.    ‘n wye reeks vaardighede aanleer om vlot in Afrikaans te kan kommunikeer
2.    hulle woordeskat uitbrei
3.    register en stemtoon kan aanwend
4.    hul taal aanpas by die geleentheid en spesifieke gehoor
5.    leer om te luister voordat hulle reageer

TAALWERK
Leerders sal deurlopend aan die hand van geskikte tekste en voorbeelde taalreёls geleer word en hoe om dit toe te pas om effektief te kommunikeer.  Voorbeelde sal elke jaar ingewikkelder word; afhangende van die graad waarin die leeder is.  Werkboeke word vir elke graad gebruik met spesifieke temas wat gebruik word.  Toetse word op hierdie werk gebaseer.